Fredalaine Harmse (Huis van Heerde- kinder- en jeugsentrum-bemarker), Alana Lewis (logistieke bestuurder) en die busbestuurder David McKrieling het verlede Maandag (27 Januarie) ’n Toyota Quantum by Christine Steyn van Toyota Paarl in ontvangs geneem.


In ’n gebaar van omgee het ’n anonieme skenker ’n Toyota Quantum aan Huis van Heerde- kinder- en jeugsentrum geskenk, wat die werking van die fasiliteit aansienlik sal verbeter.

Fredalaine Harmse, bemarker van Huis van Heerde, sê die personeel is oorweldig en dankbaar.

“Hierdie geskenk sal die beplanning rondom skoolroetes, kerkbesoeke en ander uitstappies vergemaklik en ons in staat stel om ’n goeie diens aan ons 70 kinders te lewer. Hoewel die skenker anoniem wil bly, werp die gebaar nuwe lig op die gemeenskap se ondersteuning van die kinderhuis en sy missie om ’n veilige, liefdevolle huis vir ons 70 kinders te wees.”

Harmse voeg by dat hulle alle steun van skenkers en die gemeenskap waardeer.

“Dit herinner ons aan die belangrikheid van samewerking. Elke bietjie help om ons doelwitte te bereik.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article