Ray van Rooy, burgemeester van die Bergrivier-munisipaliteit


Die Bergrivier-munisipaliteit (BM) se burgemeester raadsheer Ray van Rooy is gisteraand (Woensdag, 11 Desember) vrygelaat nadat hy deur die Piketberg-polisiekantoor ondervra is. Matthew Sheldon, woordvoerder van BM bevestig dat Van Rooy by die huis oornag het en vandag weer by die werk is.

Weslander het vertroulik verneem dat Van Rooy deur die Piketberg-polisiekantoor ondervra was in verband met klagtes van dwelmhandel en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie.

Sheldon het gister met Weslander gedeel dat die munisipaliteit bewus was dat Van Rooy, vroeër gister (Woensdag, 11 Desember), by sy woning in Piketberg vir ondervraging deur die polisie ingeneem is.

“Die munisipaliteit wag op verdere optrede deur die polisie. Aangesien dit ‘n regsaangeleentheid is, kan ons nie verdere kommentaar lewer nie. Die munisipaliteit bly daartoe verbind om ons gemeenskap te dien en altyd die hoogste standaarde van gedrag te verseker,” voeg Sheldon by.

Verdere inligting is nie op hierdie stadium bekend nie.

Hierdie is ‘n ontwikkelende storie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article