Dié twee pistole is in ’n buurman se erf gegooi net voordat ’n paartjie van Vredenburg Saterdag (14 Oktober) by ’n huis in Fred Louwstraat, Louwville, in hegtenis geneem is vir die besit van die ongelisensieerde vuurwapens. Q-Gwaahn White (25) en sy vriendin, Cameron Kleinhans (25), is daardie aand in hegtenis geneem nadat die polisie inligting ontvang het oor gestoorde, ongelisensieerde wapens en ammunisie by dié huis. Die inwoners van die huis wou aanvanklik nie die polisie toelaat om die huis binne te gaan nie, maar White is aangekeer en die polisie het op die vuurwapens beslag gelê. Die hele huis is deursoek en ’n string ammunisierondes wat onder ’n kas versteek was, is gekry. White en Kleinhans het Maandag 16 Oktober op aanklagte van die besit van vuurwapens en ammunisie sonder lisensies in die Vredenburg-landdroshof verskyn.Foto: SAPD


‘Burg’-paartjie aangekeer oor pistole en ammunisie

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article