Die kykNET se Buite-ekspo in die Wes-Kaap word weer die jaar by Môreson-plaas net buite Malmesbury aangebied en dit vind plaas van 25 tot 27 Maart.

Streng Covid-19-protokols sal gevolg word soos vereis om almal op die terrein te beskerm.

Die ekspo beloof weer om soos altyd iets vir almal te bied. Die fokus is soos altyd op die talle buitelewe-uitstallers wat van die nuutste produkte tans beskikbaar het in die buitelewe-, kampeer-, en 4×4- mark. Onthou die geleentheid word in ’n veilige plaasatmosfeer aangebied en alle uitstallings word aangebied soos wat dit werklik gebruik sou word deur die koper.

Daar word weer verskeie aktiwiteite aangebied as deel van die ekspo. Vanjaar is Action Ford Malmesbury weer aan boord met die Ford Raptor-ervaring, waar die publiek gratis saam met ervare bestuurders kan ry en sien waartoe hierdie ongelooflike voertuig in staat is. Kom ervaar ook die gewilde helikopterritte en bekyk die Swartland uit die lug. Daar sal weer ’n lekker braaikompetisie saam met Jimmy’s Sauces en kykNET-akteurs aangebied word en moenie vergeet van die Hankook-kunstenaars wat gaan optree nie, onder andere Rooies en sy orkes, Desmond Wells, Johan Liebenberg, Wynand Windpomp, Dewald Dippenaar, Chereé, Amoré en Early B!

Kom ry ook gratis saam die immergewilde “Mnr 4×4” in sy VW Amarok – André de Villiers van André 4×4 en aanbieder van Safari 4×4 Roetes op kykNET. Hierdie ervaring is iets wat nie gemis mag word nie!

Oudergewoonte sal daar nie teleurgestel word met die verversings nie en dit beloof om weer uit die boonste rakke te wees met ’n groot verskeidenheid beskikbaar – enigiets van ’n verskeidenheid wyne in die Swartland-kelders-wyntuin (met heerlike kos wat hierby pas), tot bier en jou gunstelinghardehout en nog meer. Daar sal ook ’n groot verskeidenheid kosverskaffers wees en wie kan nou nee sê vir lekker feeskos.

Vir die vroue sal daar ’n kuns- en snuffelmark wees waar daar ’n groot verskeidenheid van gehalteprodukte beskikbaar sal wees.

Die organiseerders het ook nie vergeet van die kinders nie en daar sal ’n lekker groot pretpark wees met Lollos en Lettie wat weer die jongspan die Sondagoggend gaan verras met een van hul vertonings.

Onthou hoewel baie aktiwiteite aangebied word, bly die fokus natuurlik op die top-buitelewe uitstallings.

Beperkte kampering is beskikbaar op terrein – stuur ’n e-pos aan admin@moresonmalmesbury.co.za of oorweeg ’n unieke ervaring in die glamping-tente wat bespreek kan word by ryno@you2camp.com.

Dagbesoekerkaartjies sal binnekort beskikbaar wees by ticketmaster.co.za en ook by die hekke gedurende die ekspo.

Besoekers word vriendelik versoek om bes moontlik aanlyn kaartjies te koop om dinge by die hekke te vergemaklik.

Besoek gerus die webwerf, www.ekspo.co.za vir meer inligting; alle navrae kan gerig word aan Tersia by accounts@ekspo.co.za.. Vier gelukkige Weslander-lesers kan elk ’n dubbel­kaartjie na die ekspo wen. SMS jou naam, kontak­nommer en waar die ekspo plaasvind na 33673 (R1,50/SMS) voor Vrydag 18 Maart 2022.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article