Die gewilde kykNET-buite-ekspo in die Wes-Kaap word vanjaar weer by Môreson-plaas net buite Malmesbury aangebied.

Vanjaar se ekspo duur van 25 tot 27 Maart.

Streng Covid-19-protokol sal soos vereis gevolg word om almal op die terrein te beskerm.

Die ekspo beloof weer om soos altyd iets vir almal te bied. Die fokus is soos altyd op die talle buitelewe-uitstallers wat van die nuutste produkte tans vir die buitelewe-, kampeer-, en 4×4-mark beskikbaar het. Onthou, die geleentheid word in ’n veilige plaasatmosfeer aangebied en alle uitstallings word aangebied soos wat dit werklik deur die koper gebruik sou word.

Daarmee saam word oudergewoonte weer verskeie aktiwiteite vir jonk en oud as deel van die ekspo aangebied.

Dagbesoekerkaartjies is beskikbaar by ticketmaster.co.za en ook by die hekke gedurende die ekspo.

Besoekers word vriendelik versoek om bes moontlik aanlyn kaartjies te koop om dinge by die hekke te vergemaklik.

Besoek gerus die webwerf www.ekspo.co.za vir nog inligting; alle navrae kan gerig word aan Tersia by accounts@ekspo.co.za.

Beperkte kampering is beskikbaar op die terrein – stuur e-pos aan admin@moresonmalmesbury.co.za of oorweeg ’n unieke ervaring in die glamping-tente wat by ryno@you2camp.com bespreek kan word.. Vier gelukkige Weslander-lesers kan elk ’n dubbel­kaartjie na die ekspo wen. SMS jou naam, kontak­nommer en waar die ekspo plaasvind na 33673 (R1,50/SMS) voor Vrydag 18 Maart.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article