Dit is ’n groot jaar vir netbal met die Wêreldbeker wat in Julie en Augustus in Kaapstad plaasvind.
Weskus-netbal se Prinro Penguins-span het die naweek aan die ClemenGold distriknetbal-liga se DNL-toernooi in Stellenbosch deelgeneem. Die plaaslike talentvolle spelers het hulself bewys deur vernuftige spel en deursettingsvermoë by die toernooi, wat van Vrydag 17 tot Sondag 19 Februarie plaasgevind het.
Inge Theron (hoofafrigter), Nadene Scherman (spanbestuurder en hulpafrigter), Suzette Visser (tegniese beampte), Sydney Crow, Beulen Lazarus, Semelian Lombard, Mane Visser, Danel Visser, Amy le Fleur, Amber Cooper, Badrunisah Ahmed, Aliche Schnetler, Christa Botma, Ansune Smit en Mekayla Barnard het die Weskus verteenwoordig.
Die plaaslike span se uitslae was soos volg:. Prinro Penguins 44-11 Chargo Larks . Prinro Penguins 23-28 In2ition Falcons . Prinro Penguins 43-21 Cell C Robins . Prinro Penguins 27-31 UWC
Die Prinro Penguins het die bronsmedalje teen die Cell C Robins gewen (33-30). Sydney Crow is as die speler van die toernooi in die B-afdeling aangewys. Die span en bestuur het hul borg, Prinro Vredenburg, wat hul deelname moontlik gemaak het, bedank.





