Die All Saints-brigade van Hopefield het Saterdag 14 Desember aan die regiment van Saldanhabaai se jaarlikse brigadekompetisie deelgeneem. Die lede het hulle goed van hul taak gekwyt en omtrent die groter brigades laat les opsê. Die All Saints het algeheel derde geëindig en nege trofeë vir die dag verower. Die lede bedank die gemeenskap en organisasies vir hul ondersteuning en die skenking van die uniforms.


Brigade wys wat in hulle steek

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article