Swaar rookwolke het oor die Amawandle-visfabriek gehang nadat ’n brand by die fabriek uitgebreek het.


’n Brand wat vanoggend (16 Februarie) by die Amawandle Pelagic-visfabriek in Laaiplek uitgebreek het, is vinnig onder beheer gebring.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik het operasionele toerusting by die fabriek vlam gevat.

Naburige inwoners het ’n sterk brandreuk geruik en die swaar rookwolke oor die fabriek gesien hang. Diegene wat daar verby gery het, het die personeel buite die perseel gevind nadat hulle die plek ontruim het. Die brand is egter gou onder beheer gebring.

Tiana Fataar, ’n woordvoerder vir die Oceana-groep, waaraan Amawandle behoort, het aan Weslander bevestig niemand is in die voorval beseer nie.

Dit is nog nie bekend wat die aard van die skade van die fabriek se toerusting is weens die brand nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article