Ananda het drie ander kinders.
Du Toit het Woensdag vlugtig in die rondgaande hof op Riebeek-Wes verskyn. Die saak is uitgestel tot Woensdag 19 Julie vir verdere ondersoek, en om te wag op die uitslag van die lykskouing en verskeie ander verslae. Du Toit bly tot dan voorwaardelik op borgtog.
Die gemeenskap het opgeruk na die hof om hul ontsteltenis en woede oor Du Toit se na-uurse borgtog én die bedrag van R3 000 te kenne te gee.
Billy Claasen, gemeenskapsleier, het sy ontevredenheid op Facebook uitgespreek oor dié borgtog wat glo inderhaas vir Du Toit gereël is. Claasen het gesê dat ’n advokaat Vrydagaand van die Kaap af laat kom is, waarop Du Toit op borgtog vrygelaat is.
Volgens Claasen sterk Nikita tans in die Rooikruis-kinderhospitaal in die Kaap aan. “Sy is effens uit gevaar.”
Die gemeenskap het lugtyd, klere, skoene en goedere van meer as R2 000 aan die betrokke gesin geskenk. Hulle het ook bygedra sodat Claasen Nikita in die hospitaal kon besoek.



