Graeme Melck, boer op Kruispad buite Velddrif, maak gereed om lammers in sy kano te gaan oplaai.Foto:


’n Boer maak ’n plan en as dit beteken jy moet in ’n kano klim om lammertjies te red dan is dit só.

Die sluise van die Bergrivier-dam is verlede week oopgemaak toe die dam 102% vol was weens die verskeie kouefronte wat tussen 14 en 19 Junie die provinsie getref het. Danksy vroeë waarskuwings van die Suid-Afrikaanse Weerdiens kon inwoners in die Bergrivier- munisipale gebied gereed maak vir die afloop van die rivier. Die meter hoë damvlak was tog steeds ’n verrassing met reën wat nog tot Maandagnag geval het.

Volgens Jurgen Kotze van die plaas Kliphoek op die oewers van die Bergrivier, het boere in Velddrif tyd gehad om seker te maak hul diere is veilig. Kotze, wat met skape en beeste boer, sê daar is net mooi niks wat nou aan die water gedoen kan word nie. “Ons moet maar kyk en wag,” het hy Dinsdag verduidelik.

By die familie se oord is sandsakke geplaas, maar die watervlakke het steeds beteken die chalets kon nie binnegekom word nie. Eers nadat die water gesak het, kan die werklike omvang van die skade bepaal word, het Kotze verduidelik.

“Dit is nie alles sleg nie. Die vleiland is sowat 600 hektaar en daar is voordele vir die rivierstelsel. Al die ongesonde algegroei wat opgebou het, spoel nou weg. Die stelsel spoel homself eintlik skoon,” verduidelik Kotze.

Langsaan Kliphoek by Kruispad was die water borshoogte op sommige landerye. Lorika Odendal-Melck spot sy het vandeesweek met haar staanroeiplank op haar gewone wandelpad geroei.

Hoewel die water op sekere gedeeltes van die plaas opgedam het, was daar nie skade aan geboue nie. Die skape was ’n ander saak.

Haar man, Graeme, moes vandeesweek in sy kano klim om ’n paar lammertjies te red. “Waar hulle ook al gewei het toe die water afkom, is waar hulle gestrand was. Baie van die ooie is nog hardegat en wil nie in die kano klim nie, maar dit was veral die lammers wat hy gered het,” sê sy. ’n Paar van die ooie het self na droër grond geswem; teen Dinsdag was daar sowat 30 skape wat nog soek was.

Odendal-Melck verduidelik die plaas maak nou gereed vir nog erge weer as voorsorg.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Dinsdag gesê die kouefronte is vir eers verby.

Die Kliphoek-rivieroord op die oewer van die Bergrivier het oorstroom nadat die rivier die naweek luidens berigte sy 100 jaar-vloedlyn oorskry het. Die sluise van die Bergrivier-dam is verlede week oopgemaak ná die dam se inhoud 102% bereik het. Orga

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article