’n Boer van Lutzville is van poging tot moord en roekelose en nalatige bestuur aangekla nadat hy na bewering op Vrydagmiddag 20 September ’n ses-jarige kind raakgery het.

Christoffel Stoman (70) het op Maandag 23 September in die Lutzville-landdroshof verskyn in verband met gebeure wat gelei het tot sy beweerde omry van die kind.

Daar word beweer Stoman was van mening dat die kind sy vrugte steel.

Die kind sterk tans in die Rooikruis-kinderhospitaal aan.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 June 2026
    Weslander E-Edition – 18 June 2026

Gift this article