Die jaarlikse Visfabriek-toernooi het die afgelope naweek weer groot opwinding opgelewer, met spanne van wyd en syd wat meegeding het.
Verteenwoordigers van onder meer African Olive Trading, I&J Kaapstad, die Saldanhabaai-munisipaliteit en plaaslike visfabrieke het sokker gespeel.
Op die sokkerveld was dit Blue Continent Products van Kaapstad wat koning gekraai het. Sea Harvest was die naaswenners en Velddrif se Smitties Fisheries was die wenners van die “verloorders”-afdeling.
Sea Harvest se Alvin Nkohla was die Speler van die Toernooi, met Juninho Gordon van Smitties Fisheries wat die beste doelskieter van die twee dae lange kompetisie was.
Besoekers is ook vereer. Joshua Jackobs van I&J Kaapstad was die beste doelwagter, Llewellin Constant van Tronox die beste spanbestuurder en Steven Smitt is aangewys as die beste skeidsregter van die sokkertoernooi.





