Nizanne Visagie (regs) van Ken Forrester saam met Lionel Bradbury.Foto’s: Maryke Swart


Die Blomme en Bubbles-fees in Paternoster, wat Vrydag 1 September afgeskop het, was ’n reusesukses.

“Die eerste van sy soort in die dorp,” sê Arno Hattingh van Paternoster Wine and Tasting Lounge, en hy sê dit was asemrowend.

“Sakeondernemings het ingekoop in die idee en hul eie unieke stempel met versierings en meer afgedruk. Hulle het sowaar baie moeite gedoen.”

Die fees het 400 mense gelok, met ’n opwindende gees in die lug.

Met soveel goeie terugvoering van feesgangers en die ondernemings glo Hattingh die fees het Paternoster se ekonomie en toerisme ’n hupstoot gegee.

Adrian Venter, die eienaar van Voorstrandt BlueRestaurant, het in ’n brief aan Hattingh gesê dit was ’n fantastiese naweek.

“Nie net was die fees genotvol nie, maar dit is op ’n professionele wyse gereël. Alles van die pragtige blom-versierings tot die heerlike keuse van borrels is alles sorgvuldig deurdag en tot perfeksie uitgevoer,” sê Venter.

Hattingh sê hulle hoop om die fees aanstaande jaar weer aan te bied.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article