Die Salkoriane-atletiekklub se toekomstige generasie atlete het by die onlangse Little Athletes- atletiekbyeenkoms geskitter.
Dit is ’n byeenkoms waar beginneratlete blootstelling kry wanneer hulle vir die eerste keer aan ’n atletiekbyeenkoms deelneem.
Volledige uitslae:
. Nonki Sambokwe – eerste in 80 m;
. Delicia Williams –tweede in 60 m en vyfde in 80 m;
. Elzay Diedericks – derde in 60 m en sesde in 80 m;
. Lea Absalom – vyfde in 60 m en sewende in 80 m;
. Nashwin Simon – tweede in 60 m;
. Trizaan Waits – derde in 60 m en derde in 100 m;
. Hakeem Fourie – vierde in 60 m en vyfde in 100 m;
. Rudewaan Saaiman – verspring: 4,49 m en derde in 150 m;
. Ashwin Fourie – verspring: 4,81 m, tweede in 100 m en in 150 m;
. Zario Baron – verspring: 3,87 m;
. Nayo Langeveld – verspring: 3,86 m;
. Nico Sambokwe – hoogpring: 1,25 m;
. Ryno Maritz – hoogspring: 4,07 m en derde in 100 m;
. Imran Absalom – tweede in 1 200 m;
. Nico Sambokwe – eerste in 1 200 m; en
. Salkor was tweede in die aflos.





