’n Tronkbewaarder by die Voorberg-tronk by Porterville het ná ’n onderonsie die naweek in die tronk ’n klagte van aanranding teen ’n gevangene ingedien.

Anton de Beer, ’n bewaarder by die tronk, is in die voorval met ’n skerp voorwerp aangeval.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder van die Weskus-polisiedistrik, is die klagte oor die tronkaanranding by die Porterville-polisie aangemeld en hulle ondersoek die saak.

Die gevangene is in hegtenis geneem en het Dinsdag 6 Februarie in die Porterville-landdroshof verskyn.

Teen druktyd het die departement van korrektiewe dienste nog nie op Weslander se navraag gereageer nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article