Wanneer weerstoestande reënerig is, is dit belangrik om ekstra versigtig op paaie te wees, aangesien reën en nat paaie dikwels ekstra uitdagings skep, soos waterplasse en swak sigbaarheid by tye.
Dít is goeie raad van die Wes-Kaapse regering. Hier is nog ’n paar wenke van hul webblad, wat kan help dat motoriste veilig by hul bestemmings uitkom:. Skakel jou motor se hoofligte aan om beter te sien en veral om gesien te word.. Ry stadiger in die reën – verminder spoed en vergroot die afstand tussen jou voertuig en die voertuig voor jou.. Moenie skielik rem nie, aangesien dit jou motor kan laat gly. . Moenie paniekerig raak nie – haal diep asem en ry stadig deur waterplasse.. Dit kan moeilik wees om deur nat syvensters en kantspieëls vol druppels te sien. Maak seker jy is bewus van ander voertuie agter jou voertuig en in jou spieëls se blinde kol.. Wag ’n rukkie nadat dit begin reën het voordat jy die ruitveërs gebruik, want die ruitveërs kan jou voorruit vuilmaak en dit moeiliker maak om te sien.. Vir nog wenke, besoek die webwerf by https://www.westerncape.gov.za/general-publication/how-drive-safely-rain.



