Die meestersatleet Douglas Hector met sy vrou, Sandra (links), en Boland Meesters se sekretaresse, Rochelle Tempies.


Verskeie Weskus-atlete is onlangs by die Boland-meesters se jaarlikse atletiekprysuitdeling by die Drakenstein-gevangenis vereer.

Atlete is by die Boland-meesters se prysuitdeling vir hul prestasies beloon.

Chris-Mari Nel van Vredendal is as die beste junior atleet aangewys. Sy het goud in hamergooi, diskus en gewigstoot in die SA kampioenskap verower.

Die Langebaner Clive Cupido van die Strandlopers-atletiekklub is as Boland-meesters se beste mansatleet aangewys.

Sy mede-strandloper Douglas Hector van Vredenburg het verskeie medaljes verower. Dié stapper het vyf goue medaljes asook ’n trofee vir sy spoedstap-prestasies in vanjaar se atletiekseisoen gewen.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article