Die einde van die jaar is hier en so ook die laaste uitgawe van Weslander vir 2023.

Die Weskus was vanjaar weer in rep en roer, en ten spyte van al die baie gru-nuus en voortslepende uitdagings wat die jaar opgelewer het, was die afgelope jaar ook vol hoogtepunte. Dit is amper asof almal met effense bomskok rondloop ná die veeleisende paar maande, en tog is ons hier aan die kus bevoorreg om in só ’n pragdeel van die wêreld te woon.

Dankie aan al die talle Weskussers wat hierdie vakansie weer ons paaie patrolleer, die winkelrakke vol hou en diegene wat hul skofte by hospitale ombring, om na ons te kyk. Vir diegene wat gelukkig genoeg is om ’n blaaskans te hê – geniet dit.

Maak die beste daarvan deur tyd saam met jou geliefdes deur te bring en dalk daardie laaste paar genotvolle dingetjies te doen waarvoor jy nie deur die res van die jaar kans gekry het nie.

Geniet die son, see en sonnige weer.

Wees versigtig op die berugte Weskus-paaie vir ander padgebruikers. Indien jy genoeg van jou eie lewe dink, moenie onder die invloed bestuur of soos ’n spoedvraat ry nie.

Mag dit ’n geseënde feestyd vir al Weslander se lesers wees.

Ons sien julle volgende jaar met die eerste uitgawe wat op 11 Januarie 2024 op die rakke sal wees.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article