Die Bersèba Pinkster-gemeente van Saldanha het Woensdag 23 Februarie die leiers van die kerk se 25 jaar pastorale herdenking gevier.

Oor die meer as twee dekades van die kerk se bestaan is ’n groot kerk in Dolfynstraat Saldanha, gebou. Die gemeente is onder meer deur apostel Kevin en suster Sandy Goliath begin.

Die kerk bestaan uit verskillende departemente soos die vroueafdeling, die jeug, Sondagskool, mid-age asook ’n sopkombuis. Benewens die kerk het die verskeie departemente ook gehelp om vele projekte te stig.

Die Bersèba Hardertjies-kleuterskool asook die Bersèba-bejaardeklub is onder meer vanuit die kerk gestig. Die gemeente is baie betrokke in die gemeenskap en neem jaarliks aan die Kansa Relay deel.

Dié liefdadigheidsgeleentheid gaan ook gepaard met ’n spesiale diens in Oktober vir Borskankermaand.

Spesiale dienste sluit ook jaarliks ’n diens vir matrikulante, net voor die begin van die eindeksamen, in.

Die Bersèba-gemeente Saldanha wens die kerkleiers geluk met die 25 jaar prestasie en sê hulle waardeer alles wat die gemeente en gemeenskap doen.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article