Henry Horne (derde van links) van die plaas Vorentoe (Halfmanshof) en sy span, Damian Swartz, Scotch Moosabobe, Rodrick De Wee, Willie Swartz en Abraham Kuys, pronk in beide afdelings in die derde plek.

Die 2025/’26-tafeldruifseisoen is gekenmerk deur uitdagings, maar hoë volumes en goeie gehalte druiwe. Te midde van ‘n bedrywige oes het die Bergrivier-tafeldruif-produsentevereniging (BTPV) hul jaarlikse blokkompetisie op Saterdag 17 Januarie by Drie Seuns net buite Porterville gehou.

PG Marais en sy span van Dasdrif (Moorreesburg/Riebeek-Wes) is die wenner van die jongblokkompetisie en Topproduksiespan vir 2026, met ‘n tweede plek in die produksieblokkompetisie.

Morné Ellis en sy span van Vrede in Piketberg, was die wenner van die produksieblok, met ‘n tweede plek in die jongblok. Henry Horne van Vorentoe (Halfmanshof) het die derde plek in albei kompetisies behaal.

Die produksiespan van die BTPV-produksieblok- wenner (van links) staan Morné Ellis, Johannes Oktober, Tumelo Mokataka, Dumisani Jijingubo en Johan Muller, met Daddy Motuang heel voor – almal van die plaas Vrede (Piketberg).
BTPV-jongblok-wenner: Agter staan PG Marais saam met Petrus Geduld, Zelda Geduld en Francois Jakobs van die plaas Dasdrif (Moorreesburg/RiebeekWes).
BTPV-produksieblok-wenner: Van links staan Morné Ellis, Johannes Oktober en Johan Muller van die plaas Vrede (Piketberg).

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article