Juwele ter waarde van R130 000 is onlangs uit Elda van Rensburg se kluis in haar huis in Yzerfontein gesteel.
Die spesiaal ontwerpte juwele en Browns- handgemaakte juwele het groot sentimentele waarde en Van Rensburg sal graag hierdie onvervangbare persoonlike skatte wil terug hê. Die diefstal is by die Darling-polisie aangemeld.
Daar word ’n beloning gebied aan die een wat inligting kan verskaf wat sal lei tot die suksesvolle terugvind van Van Rensburg se juwele.
Die juwele sluit in ’n goue en diamanttrouring met die letters E en F aan die kante, ’n man se troupant, ’n hangertjie met pienk, wit en pers steentjies en diamante tussenin asook ’n bypassende ring en oorbelle.
Bel Van Rensburg by 082 683 5966.



