Jean-Pierre Davids en Bianca Don, leerders aan die Hoërskool Velddrif, is gekies om België te besoek. Die projek se hoofdoel is om jeugontwikkeling- en rommelbestuurvaardighede te ontwikkel. Tien kinders van oor die Bergrivier-streek heen is vir die geleentheid gekies, insluitend van Velddrif, Porterville, Piketberg en Goedverwacht. Die projek eindig op Maandag 8 April. Hulle gaan ook blootstelling kry aan die Belgiese taal en kultuur. Die skool bedank die ATKV wat albei leerlinge se sakgeld borg.


België, hier kom ons!

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article