Die organisasie #StraatkindvirJesus het op Woensdag 12 Maart ‘n bejaarde-waarderingsdag in Witteklip, Vredenburg, gehou.

Instellings en mense teenwoordig was Mfesane, die Green Lillies-bejaardeklub, die departement van maatskaplike ontwikkeling, die plaaslike polisie, die Vroue-landbou-vereniging en matrone Anja de Nobrega, hoof van verpleging by die Vredenburg- provinsiale hospitaal.

Meer is gedeel oor bejaarde-mishandeling, die opbou van vroue-ondersteuning en kroniese siektes. Die bejaardes se bloeddruk is ook geneem en hulle het ook een-tot-een-sessies met die mense van die onderskeie instellings geniet.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article