Vital Connection se bejaardes wys hul prettige, kreatiewe hoede. By hulle is AO Yolanda Kotze van die Saldanha-polisie.


Oktober is Internasionale Maand vir Bejaardes en daarom het die Saldanha-polisie in samewerking met die gemeenskapspolisiërings­forum op Woensdag 26 Oktober ’n uitreik na Vital Connection se bejaardes in Diazville gehou.

Die fokus van die dag was om die bejaarde inwoners van hul regte in te lig en hulle teen mishandeling en gesinsgeweld te bemagtig.

Hulle is ook ingelig oor die prosedure om ’n klag by die polisie aanhangig te maak indien hulle ’n onreg aangedoen word.

“Om bietjie kleur aan die dag te verleen het ons die bejaardes gevra om prettige hoede te dra en hulle was omtrent kreatief met hul idees,” vertel AO Yolanda Kotze, ’n woordvoerder van die Saldanha-polisie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article