Wyle Mackenzey Abrahams


Die skielike sterfte van vier familielede ná ’n botsing op die R27 (Weskuspad) vroeër vandeesmaand het familie en vriende hard geruk.

Maureen Koopman (55) en Mackenzey Abrahams (10) van Saldanha was twee van die vier slagoffers van die botsing (“Skoonsuster en drie kinders sterf”, 12 Januarie 2023). Met die gesamentlike begrafnis vir die twee wat op Sondag 22 Januarie plaasvind is daar ’n versoek van die familie vir enige hulp en donasies.

Volgens Leon Koopman, woordvoerder vir die familie, bied hulle reeds finansiële hulp aan ander familielede wie ook geliefdes verloor het. “Enige hulp in enige vorm sal waardeer word.”

Koopman vertel dat die familie hul bes doen om deur die hartseer tyd te kom en voeg by dat wanneer hulle stil raak na al die reëlings vir die begrafnis, die realiteit werklik sal inskop met die feit dat hul familielede heengegaan het. “Ons het baie gebede en ondersteuning ontvang van mense waarvoor die familie baie dankbaar is,” vertel Koopman.

Die begrafnis begin Sondag om 10:00 by die Multipurpose Centre in Saldanha.

Om enige hulp of donasies aan die familie te bied kontak Leon by 082 846 7238.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article