Graad R- tot gr. 3-leerders van die Laerskool Vredenburg sowel as die gr. R-leerders van Kriewelvoetjies het in Desember aan die HQ-Vredenburg-inkleurkompetisie deelgeneem en hul kunstalent gewys. Die leerders is gevra om ’n skets van “Novie”, ’n mannetjie wat uit motoronderdele gemaak is, in te kleur. Al die leerders het pragtige inkleur-prentjies ingeskryf, waarna vier wenners gekies is. Die wenners het lekkernye, skryfbehoeftes en meer gewen. Hi-Q het Waltons van Vredenburg en Café Graze vir die pryse bedank. Regs staan die gr. R-wenner Aromay Scheepers. Foto:


Beginfase-leerders in Vredenburg wys kleurvolle talent

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article