Bestanddele
Vulsel:
150 g maaskaas
50 ml suurroom
1 eier
½ teelepel seesout
1 teelepel gemaalde witpeper
Deeg:
200 ml melk
20 g botter
410 g koekmeel
1 sakkie kitsgis
1½ teelepel bakpoeier (sowat 6 g)
½ teelepel seesout
1 teelepel gemaalde witpeper
1 eier
50 ml natuurlike jogurt
Bedekking en besprinkeling:
1 eiergeel, geklits
1 eetlepel saadjies van jou keuse
Metode
Maak seker al die bestanddele is by kamertemperatuur. Om die vulsel te maak, kombineer en meng al die bestanddele. Hou eenkant.
Vir die deeg, verhit die melk saam met die botter tot dit smelt, maar maak seker die melk kook nie.
Voeg dit by die meel gemeng met kitsgis, bakpoeier, sout en peper.
Voeg die eier asook jogurt by en knie deeg liggies tot glad en elasties.
Rol die deeg dadelik op ’n meelbestrooide blad in ’n reghoekige vorm. Bedek dit eweredig met die voorbereide vulsel.
Begin by een van die lang punte en rol die deeg styf vas. Vorm die krans deur die eindpunte aan mekaar te las. Plaas dit op ’n bakplaat wat met bakpapier bedek is.
Gebruik ’n mes om ’n sirkelvormige snit bo-op die krans te maak.
Smeer die krans met eiergeel en sprinkel sade oor. Bak in die oond by 200 °C vir sowat 25 minute of tot goudbruin bo-op.
Maak seker die brood het afgekoel voor bedien word.





