Badisa Weskus en Huis Wittekruin het altesaam 232 flesse wat met droë sopbestanddele gevul is en meer as 100 kospakkies aan minderbevoorregte gesinne uitgedeel.
Die bottels en droë sopbestanddele is in Junie deur verskeie vrygewige individue en plaaslike besighede aan Badisa Weskus en Huis Wittekruin se Sop-in-’n-fles-projek geskenk.
Die kospakkies is op Mandeladag (18 Julie) deur SCP Radiologie Vredenburg aan Badisa Weskus geskenk.
Bejaarde inwoners van Huis Wittekruin het die bottels wat aan die Sop-in-’n-Fles-projek geskenk is, voorberei, gevul en op Mandela-dag, saam met die Badisa-span, in die gemeenskap gaan uitdeel.
Badisa Weskus bedank Huis Wittekruin vir hul harde werk, al die donateurs en ook SCP Radiologie Vredenburg vir hul vrygewige skenking.



