Atlete van Langebaan-atletiekklub het hul onderskeie skole, naamlik Hoërskool Weston, Hoërskool Vredenburg en Langebaan Primêr trots gemaak by die onlangse atletiekbyeenkoms van die Weskus-hoërskole.
Jaden Lewis is aangewys as die beste mansatleet in die 19 jaar-kategorie en het die rekord verbeter in die verspring met ’n afstand van 7,6 m.
Hy is tans volgens die 2020-’21-statistieke die vyfde beste verspringer in die land in sy ouderdomsgroep.
Hul afrigter Christopher Rodgers sê hy is tevrede met hul vordering tot dusver, maar volgens hom was dit net die eerste hekkie wat hulle moet oorkom voor die atlete verder by die Boland- en Wes-Kaap-atletiekkampioenskap hul staal moet wys.





