Die atlete van die Salkoriane-atletiekklub het skoongemaak vir Mandela-dag.Foto:


Die Salkoriane-atletiekklub het die afgelope Mandeladag (Maandag 18 Julie) Louwville met harke en besems ingevaar om die gebied te help skoonmaak.

Draf- en stapskoene is vir eers agtergelaat, en die klub se atlete het die besems opgeneem om hul 67 minute nuttig deur te bring met ’n skoonmaakoperasie.

Watsoniastraat en die plaaslike BMX-baan is opgeknap en van alle rommel en doringbosse asook glasstukke skoongemaak.

Groot en klein het kom help.

Nou kan almal weer met veiligheid en sonder kommer oor stukkende fietsbande daar ry en atlete kan weer kaalvoet hul oefendae daar begin.

Sakkie Mentoor, die klub se voorsitter, het sy dankbaarheid teenoor almal, asook twee plaaslike wykskomiteelede wat kom hand bysit het, uitgespreek.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article