Atlete van Jurie Hayes Primêr het Saterdag (22 Februarie) by die Boland-atletiekbyeenkoms in die Paarl geskitter. Van links is E-Jay Julies (vyfde in die 1 500 m en vierde in die 800 m), Amissa Lindert (derde in die 1 200 m), Justin Andrew (eerste in die 1 200 m en ook die Boland-rekord in die 1 200 m verbeter) en Ethan Adams (gewigstoot). Ethan het ongelukkig uitgeval maar steeds baie goed gedoen. Hy was die skool se eerste veldatleet in 15 jaar wat Boland toe gegaan het. By hulle is hul afrigter, Ruben Julies.


Atleet van Jurie Hayes Primêr-verbeter Boland-rekord

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article