Die Moorreesburg/Samoa-rugbyklub, maar ook die hele rugbyge­meen­skap van die Swartland, groet ’n bekende.

Adam Atkins is op 30 Januarie weens natuurlike oorsake in die Mediclinic Panorama-hospitaal oorlede.

Hy was 64 jaar oud.

Atkins, wat sy skoolloopbaan by Laurie Hugo Primêr op Moorreesburg begin het, het ná skool verskeie beroepsrigtings ingeslaan. Hy sal egter vir altyd onthou word vir die groot rol wat hy in die rugbywêreld gespeel het. Atkins was 24 jaar gelede een van die stigterslede van die Moorreesburg-Samoa-rugbyklub.

Hy het daarna as voorsitter gedien en was ook aktief by die noodhulp-sy van sake betrokke.

Atkins laat sy vrou, vyf kinders, nege kleinkinders en die hele gemeenskap agter.

Die klub se bestuur is tans druk besig om ’n spesiale geleentheid te reël waartydens sy nalatenskap vir nog baie jare geëer sal word.

’n Gedenkdiens het verlede Woensdag in die AGS Rosenhof se kerk in Moorreesburg plaasgevind, terwyl ’n begrafnisdiens op 10 Februarie, ook in die AGS Rosenhof se kerk, gehou is.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article