Bestanddele
½ koppie botter, kamertemperatuur
¾ koppie bruinsuiker
2 groot eiers
1 t vanieljegeursel
2 koppies koekmeel
2 t bakpoeier
½ t sout
1 t gemaalde kaneel
½ koppie granola
½ koppie melk
2 koppies appels geskil, in blokkies gesny
Frummelpoeding:
1½ koppies granola
¼ koppie botter, gesmelt
2 eetlepels heuning
Metode
Appel-kolwyntjies:
Verhit oond vooraf tot 170 °C en vul ’n kolwyntjie-bakpannetjie met kolwyntjiehouertjies.
Klits botter en suiker saam. Klits dan die eiers een-een by en dan die vanieljegeursel.
Gebruik ’n aparte bak, sif al die droë bestanddele insluitend granola saam, vou droë bestanddele liggies in die nat bestanddele. Roer die melk by totdat die beslag klontvry is, maar moenie te veel meng nie.
Vou die appelblokkies in en skep beslag in kolwyntjiehouers tot ¾ vol.
Maak die frummelpoeding deur die granola, gesmelte botter en heuning saam te meng.
Sprinkel granola-krummels oor elke kolwyntjie. Bak kolwyntjies vir 30 minute, tot goudbruin en totdat ’n koekpennetjie skoon uit die middel kom.
Laat die kolwyntjies vir 5 minute in die pannetjie afkoel en plaas dan op draadrak. Sit warm en met botter voor.





