Die Langebaan Stars en Hopefield-satelliet-gimnastiek-klub het Saterdag (13 Mei) die Weskus-akrobatiese gimnastiek-uitdunne in Langebaan bygewoon en hul kleure by die Weskus-proewe verwerf.
Drie klubs van die Weskus- akrobatiese klubs was teenwoordig.
Die gimnaste sal nou in Augustus aan die Wes-Kaapse provinsiale kampioenskap en uitdunne deelneem en die Weskus verteenwoordig.
Hulle het terselfdertyd ook aan die Cape Cup-interklub-kompetisies deelgeneem en trofeë en medaljes verower.
Cassidy Williams het die ritmiesegimnastiek-kompetisie gewen.





