Die vasberade toutrekspan van die Kaapse Wynlande het skoonskip gemaak in die toutrek-afdeling op Saterdag 10 Junie.Foto’s: Alida Buckle


Agriwerkers van die provinsie het Saterdag (10 Junie) hul vaardighede liewer op die veld ten toon gestel by die provinsiale landelike- en plaas-sportdag.

Die werkers het onder meer aan landloop, toutrek, domino’s, sokker, rugby en netbal deelgeneem met die verskeie streke wat gekompeteer het om as die wenners gekroon te word.

Anroux Marais, minister van kultuursake en sport, was onder diegene wat die dag bygewoon het.

Saam met haar was onder andere die burgemeester, Ray van Rooy van die Bergrivier-munisipaliteit, aangesien die geleentheid op die Smit-sportterrein aangebied is.

Die streke wat koning gekraai het in die verskeie sportsoorte was Kaapse Wynland vir netbal, Eden het geseëvier in rugby, geen span kon die Kaapse Wynlande in toutrek plat trek nie en die gasheer, Weskus, was die wenners van die domino’s. Die sokker is deur die metro-span gewen met die Kaapse Wynlande en Weskus onderskeidelik in tweede en derde plek.

Die atlete wat podiumposisies vir landloop geneem het, was Mzwandile du Toit (Eden), Bruce Maboza (Overberg) en Gershwill Jacobs (Eden) in die mansafdeling. Die vinnigste vroueatleet was Tawonga Nadziore (Kaapse Wynlande) gevolg deur Aileen Morris (Overberg) en Tatum Gordon (Kaapse Wynlande).

Die doel van die dag was nie net pret nie, maar ook om inwoners van die provinsie aan te moedig om ’n aktiewe leefstyl te lei wat op die beurt tot verhoogde fisieke en geestelike welstand kan lei, sê Marais.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article