Eben-Lee Berling (o.10) ’n leerder aan die Laerskool Langebaan is vir die Boland- asook Westelike Provinsie-landloopspan gekies. Die spanne gaan eersdaags in Oos-Londen aan die Nasionale landloopbyeenkoms deelneem. AfriForum se Weskustak het R4 200 vir Eben-Lee geborg wat sy sportdrag en verblyfkostes sal dek. AfriForum-Weskus is besonder trots op ’n leerder van Langebaan wat gekies is vir die o.10-ouderdomsgroep. Hulle wens hom alle voorspoed toe met sy deelname aan die byeenkoms. Die Afriforum-Weskustak se bestuurslede wat saam met Eben-Lee staan, is Cindy Caldwell (penningmeester), Denis Cadwell (ere-president), Aluska Steyn (jeugvoorsitter), Lourens Lotter (jeugondervoorsitter) en Sidney Monk (voorsitter).


AfriForum skenk geld vir langasem

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article