Bestanddele:
15 ml olie
1 mediumgrootte ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
1½ blokkies groente-aftreksel
19 g masala-poeier
3 mediumgrootte aartappels, in blokkies gesny
1 wortel, in blokkies gesny
164 g gaar kekerertjies
240 ml geblikte tamaties
240 ml water
240 ml klappermelk (opsioneel)
60 g spinasie
134 g bevrore ertjies
Metode:
Verhit olie in ’n groot pot en voeg ui by oor hoë hitte en kook vir 3 tot 4 minute. Voeg dan die knoffel by en braai vir ’n minuut.
Meng dan fyngemaalde blokkies groente-aftreksel en masala by. Kook en hou aan roer totdat speserye liggies gerooster is. Voeg aartappels, kekkerertjies, wortel tamaties en die water by. Bring tot kookpunt.
Verlaag dan die hitte om te prut. Bedek die pot en kook vir 20 tot 25 minute of tot die aartappels heeltemal gaar is. Roer gereeld.
Sodra die aartappels gaar is, voeg die klappermelk, spinasie en ertjies by. Kook totdat alles deurgekook het.
Sit voor met roti, naan of koeskoes-rys.





