Die Ouer-onderwysersvereniging van Longacres Privaatskool en Seeskulpie vier moeders en vroue vandeesmaand met ‘n vroue-oggend op Saterdag 24 Mei. Die gasspreker vir die dag is die gewilde spreker Aletté Winckler (foto) wat die vroue gaan inspireer. Die geleentheid begin om 10:30 by Schaftplaas Weddings, Events and Accommodation, naby Langebaanweg. Kaartjies kos R390 per persoon en sluit ‘n komplimentêre drankie en verversings in. Kontak Longacres Privaatskool by 022 772 0302 om te bespreek.

Vroue-oggend binnekort saam met Aletté Winckler

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article