E-pos: dagboek@weslander.co.za.

Dagboekinskrywings is gratis.

Inskrywings moet voor 17:00 op ‘n Maandag ontvang word.

Saterdag 29 Maart

 NG kerk Velddrif hou basaar en begin die dag met ‘n 30-km-bergfietsren (MTB) waarvan 12 km langs die see strek. E-fietse is ook welkom.

Inskrywings begin om 06:00; wegspring om 07:00. Kontak Nico Rheeder by 083 708 9394 of stuur e-pos na rubicc@mweb.co.za vir besonderhede. Deelnemers kan van 09:30 na ‘n verskeidenheid verversings en vermaak by die basaar uitsien.

 ’n Markdag word tussen 09:00 en 14:00 by die Skilpadsaal in Vredenburg gehou.

Saturday 5 April

 Car Boot Market: If you are looking for an outlet to sell your unwanted goods, home-made craftwork or farm-fresh produce, join us at the

Car Boot Market in the grounds of the Catholic church, Suffren Street, Langebaan, from 08:00 to 12:00. Contact Heidi on 083 779 5127 or

heidi.engelbrecht@gmail.com to book your spot.

 Saldanha Market Day at Dial Rock Hall in

Albatros Street from 09:00 to 14:00. All welcome.

Saterdag 3 Mei

 Die NG kerk Laaiplek word 60 en vier dit met ‘n basaar propvol ou gunstelinge soos koektafels wat kreun, pasteie wat jou na jou ouma laat verlang en afvalpotte waarvoor fynproewers langpad ry. Lê weg aan basaarpoeding, pannekoek en allerhande Weskus-spesialiteite. Maak ook plek in jou vrieskas vir vars vleis en vis en versier sommer jou huis met pragtige blomme en kunsvlyt. Kom geniet ‘n brekkie-bun en pannekoek van 08:30 af in die teetuin met die basaar wat amptelik om 09:30 sal open.

Woensdag 14 Mei

 Die Dameskring bied Magda Louw met Desiré Gardner (foto) by die Weskus Skool in Saldanha aan. Dit begin om 18:30 vir 19:00. Kaartjies kos R180 per persoon. Kontak Elize Boshoff by 079 890 4543 of Magriet van der Merwe by 084 584 2408 vir kaartjies.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article