Die verdagte Charlton Witbooi (28), wat tereg staan weens die moord op Ryan Samuels (18) was Dinsdag (25 Maart) die tweede keer in die Hopefield-landdroshof.

Samuels, ‘n inwoner van Witteklip, se lewe is voorverlede Saterdag (15 Maart) tragies kortgeknip tydens ‘n klubrugbywedstryd tussen Langebaan en St. Helenabaai op die rugbyveld in Oostewalstraat, waar hy ‘n toeskouer was, toe hy na bewering deur Witbooi aangeval en met ‘n mes doodgesteek is. (“Broer (18) by veld dood”, Weslander, 20 Maart 2025).

Witbooi bly in aanhouding en die saak is tot Dinsdag 8 April uitgestel.

Samuels se familie het vroeër gesê die jong man het groot planne vir sy toekoms gehad en was vasberade om vir sy ma alles in die lewe te gee.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article