Inwoners het op Dinsdag 18 Maart in lang rye in die hitte gewag by die Shoprite-dienspunt om hul nuwe kaarte te ontvang. Foto: Noluvu Ludidi

In die Weskus meen ‘n paar inwoners dit was ‘n stryd om die nuwe goue Sassa-kaarte te verkry.

Begunstigdes van die toelaag sê daar is vele wat nog steeds nie die oorskakeling na die nuwe swart Postbank-kaarte kon doen nie weens verskeie kwessies wat in die pad gestaan het. Vandag, Donderdag 20 Maart, is die sperdatum vir die oorskakeling.

In Februarie is ‘n persverklaring uitgereik deur Jaco Londt, die Wes-Kaapse minister van maatskaplike ontwikkeling, waarin hy aangedui het dat die depar-

tement oorval is met klagtes en navrae van Sassa-begunstidges, dus is die datum verleng van einde Februarie tot en met 20 Maart. In sy persverklaring het Londt aangedui dat Postbank die aantal diens-

punte moet vermeerder om sodoende meer mense te help. In die Weskus is net een punt geïdentifiseer, Shoprite Vredenburg.

Vir baie inwoners was die kommer dat een dienspunt vir verskeie dorpe in die Weskus nie genoeg sal wees nie.

Volgens ‘n inwoner van Vredenburg was sy al vir drie dae by die Shoprite diens-

punt om haar nuwe kaart te kry, maar is keer op keer in die gesig gestaar deur stelsels wat nie werk nie. Die inwoner sê sy moes elke keer vir vervoer betaal, geld wat sy nie het nie, en steeds het sy nog nie haar nuwe Sassa-kaart nie en is bekommerd of sy enigsins haar geld sal kry.

Wayne Solomons, ‘n inwoner van White City, meen dit is moeilik om te sien hoe bejaardes daagliks sukkel om hul kaarte te verkry. “Toe ek verlede week daar was, is daar weer gekla oor die stelsel wat af is. Daar was nie sitplek vir die ou mense nie en die stelsel wat so kort-kort van lyn is maak dat mense lank moet sit en die volgende dag weer moet terugkom.

“Mense sit op die kaal sementblad in die son by die parkeerterrein en wag terwyl die stelsel af is. Mense word dus soos diere behandel en kom van oor die Weskus na ‘n disfunksionele proses.”

Nog ‘n inwoner sê sy is al van 07:00 die oggend by die Shoprite-punt en is eers na 17:00 daar uit.

Volgens Shavani Wahab, woordvoerder van Sassa, is die sperdatum vir migrasie van die Sassa- goue kaart na die Postbank-swartkaart tot Donderdag 20 Maart verleng om begunstigdes genoeg tyd te gee om toegang tot kaartmigrasieweb-

werwe te verkry. Sy sê alle huidige goue Sassa-kaarte sal op 20 Maart ophou werk, ongeag die vervaldatum wat op die kaart geskryf is. “Sassa het begin met ‘n program om Postbank te ondersteun. Dit sluit in die gebruik van Sassa-personeel om by Posbank-kaartvervangingspersele te help en die reël van betaalmetode-uitreikprogramme wat tot 20 Maart in die Wes-Kaap-provinsie beplan is. Postbank en alle ander banke word uitgenooi na die uitreike vir begunstigdes om óf hul huidige goue kaart met ‘n swart kaart te vervang óf met die banke te reël dat hul maatskaplike toelaes in hul bankrekeninge inbetaal word.” Sy voeg by dat maatskaplike toelaebetalings sal voortgaan soos gewoonlik ná die sperdatum, “maar as jy nie jou kaart omgeruil het nie, sal jy ‘n Poskantoor moet besoek om toegang tot jou geld te kry.

Vir verdere navrae oor kaartmigrasie, kontak asseblief Postbank by 0800 53 54 55″.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article