Kyle Jacobs en Lizelle Swanepoel, van Reko, oorhandig die nuwe veldskoene aan die skoolhoof, Con Koegelenberg. Die skoene is spesiaal vir hulle gemaak deur Tarzan Skoene in Tulbagh.Foto:


Leerders van Weskus Skool het ’n rieldansgroep begin.

Die leerders wat deel is van dié dansgroep is meestal van die platte­land, Clanwilliam en Elizabethfontein, waar hulle hierdie eeue oue kulturele dans beoefen.

Die leerders neem gereeld deel aan kompetisies en het in 2018 die ATKV-kompetisie in die Kunstekaap gewen in die tradisionele afdeling. Dié groep tree graag by geldinsamelings­geleent­hede op soos die sakeontbyt van Huis Wittekruin. Volgens die woordvoerder van die skool is daar altyd ’n behoefte om hul uitrustings te verbeter.

Reko Vredenburg het gehoor die leerders kort nuwe skoene en het onmiddellik as borg ingetree.

“Weskus Skool is oneindig dankbaar vir hierdie onbaatsugtige skenking en die kinders sien baie daarna uit om die voete te laat wikkel in hul nuwe rooi vellies!” het die woordvoerder gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article