Voor: Arnoliez Bothma (graad 8) van die Hoërskool Waterkloof, Jan-Hendrik Pretorius (fasiliteerder) en Nicole White (graad 6) van die Laerskool Krugerpark. Middel: Zandré Myburgh (graad 4) van Marloth- Private Skool, Gerbie Wilsnach (graad 7) van Laerskool Piet Retief en Amelia Minnaar (graad 5) van Laerskool Gimnasium. Agter: Liam Veldman (graad 6) van Laerskool Saldanha, Willem Spangenberg (graad 6) Laerskool Hugenote en Carolina van der Westhuizen (eienaar van Podiumpret).


Podiumpret is al ’n huishoudelike naam in die Paarl – en sinoniem met Sprekervaardighede, wat redenaars en lesers insluit.

Toe die virus die slegte nuus met hom saambring dat die eindronde van die Sprekervaardighede- en leeskompetisies nie vanjaar in Paarl kan plaasvind nie, het die organiseerders van Podiumpret onmiddellik ’n ander plan beraam om oogkontak te maak.

Hulle het ’n ambassadeurskamp gereël wat van Sondag 6 Desember tot Vrydag 11 Desember 2020 plaasgevind het.

’n Span van 10, wat sewe sprekers, twee fasiliteerders en een permanente toesighouer bevat het, het by die Middelplaas Paarl-gasteplaas aangemeld.

Leerders van verskeie skole het deelgeneem, onder wie Liam Veldman van die Laerskool Saldanha.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article