Die Hoërskool Hopefield is só trots op Denmar Jacobs, ’n matriekleerder van die skool, wat Saterdag 12 Junie aan die Atletiek Gauteng-Noord-byeenkoms deelgeneem het. Denmar het in die 110 m hekkies die eerste plek behaal in ’n skitterende tyd van 13,50 sekondes. Hierdie is ’n Westelike Provinsie-rekord. Denmar kwalifiseer vir die Wêreld- junior kampioenskap wat in Augustus in Nairobi, Kenia, plaasvind.


Denmar HS Hopefield se trots

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article