Die gr. R-onnie Antionette Lewis.


Antoinette Lewis hou die afgelope agt jaar vir graad R-leerders by Panorama Primêr skool.

Lewis gee Afrikaans huistaal, wiskunde en lewensvaardigheid en geniet elke oomblik daarvan.

“Ek het van baie jongs af ’n passie vir kinders en volgens my denke moet dit jou rede wees om die onderwysberoep te betree. Ek het ook gevoel ek kan ’n verskil in ’n kind se lewe maak, asook om op ’n sinvolle manier tot my gemeenskap by te dra.”

Lewis het haar vlak 5-kwalifikasie in vroeëkinderontwikkeling voltooi omdat dit destyds die vereistes was om vir graad R klas te gee. Sy is tans besig om haar verder te ontwikkel en doen haar diploma in graad R by KSUT.

“Ek voel as dit die loopbaan is wat jy wil kies, is dit die beste as jy ’n Baccalaureusgraad in Opvoedkunde (B.Ed) doen. Dit word aangebied by hoëronderwysinstellings en strek oor vier jaar.”

Volgens Lewis word leer vergemaklik deur ’n verhouding met leerders te stig en leerbronne georganiseerd te hou asook ’n positiewe leeromgewing in die klaskamer te skep.

Sy glo daarin om skool te gee, bied ’n mens die geleentheid het om ’n klein breintjie te ontwikkel. “Vir baie van die leerders sal jy nie net hul onderwyser wees nie, maar ook die kind se ma, dokter en prokureur en soms moet jy polisieman ook speel, soos ons altyd sê,” verduidelik Lewis.

“Jy moet regtig ’n passie hê en geniet wat jy doen, en nie net in dié rigting gaan vir die geld of omdat jy dink dit lyk op die oog af maklik nie.”

Lewis voeg by dat hierdie beroep soms maklik kan lyk, maar onderwysers moet dikwels ’n magdom struikelblokke oorkom.

“Onderwys is een van die mees direkte maniere om ’n positiewe impak te maak.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article