Die Pomario private skool in Citrusdal is baie trots op Inge Brand. Sy is ’n graad 5-leerder wat in Augustus haar Wes-Kaapse kleure in gimnastiek verwerf het. Inge het Saterdag 14 Augustus aan die vlak 5- artistieke gimnastiek vir vroue deelgeneem en Saterdag 20 Augustus en Sondag 21 Augustus het sy aan vlak 5-trampolien en tuimel deelgeneem. Sy het sodoende vir die Wes-Kaap-kampioenskap, wat oor die volgende twee naweke beslis word, gekwalifiseer. Die Suid-Afrikaanse span sal dan gekies word. Haar skool is baie trots en wens haar alle voorspoed toe vir die kompetisie wat voorlê.


Jong gimnas maak skool trots

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article