Laerskool Panorama kan binnekort na ’n wiskunde-, wetenskap- en tegnologie-klas uitsien.
Science, Technology, Engineering and Mathematics (STEM), soos dit in die praktyk bekendstaan, sal leerders die geleentheid gee om op die vakke deur middel van “Coding en Robotics” te fokus.
Die Sakhikamva-organisasie, onder leiding van Fatima Jakoet, en amptenare van die Wes-Kaapse onderwys-departement – Karen Dudley, Ebrahim Peck en Roux Gildenhuys – het die skool onlangs besoek met die visie om hierdie doel daar te vestig.
Die skool het Hylton Langley, die projekbestuurder by die skool, en almal betrokke bedank en baie sterkte met die projek toegewens.





