Hoërskool Dirkie Uys se tennisspanne het die afgelope paar naweke die pad gevat en teen ander skole kragte gemeet.
Die tennisspelers het enkelspel, dubbelspel en gemengde dubbelspel gespeel en teen Hoërskool Charlie Hofmeyr 14-12 gewen, teen HTS Drostdy 19-15 gewen en hulle het ook Hoërskool Robertson met 26-1 gewen. Alica Bester, Hermann Hartung, Gert van Schalkryk en Juan Kitshoff is vir die o.17 Boland Kavaliers-span gekies wat Saterdag 9 Oktober teen WP in die Synergy Cup-toernooi gespeel het.
Altesaam 16 van Dirkie Uys se tennisspelers is ook vir die Weskus se suid-span gekies wat 29 Oktober en 30 Oktober teen ander streke gaan speel.





