Spaar jy vir aftrede? Dis goed. Beplan jy vir aftrede? Dís nog beter. Beplanning vir jou aftrede en ander langtermyn- finansiële doelwitte is ’n noodsaaklike stap wat dit makliker maak om hierdie doelwitte te bereik.
Hierdie tyd van die jaar is ideaal om weer briek aan te draai en te besin oor ons huidige finansiële posisie, en te beplan voor die lang verwagte feestyd wat om die draai is.
As daar een ding is wat ons die afgelope jaar geleer het, is dit dat spaar sonder om jou spaargeld te belê, nie genoeg is nie. Wanneer ons kyk na rentekoerse wat nou so laag is, groei geld skaars in ’n tipiese spaarrekening. Dit groei moontlik nie eens genoeg om tred te hou met inflasie nie. Dit kan jou finansiële neseier in die lang termyn benadeel.
’n Belegging sonder beplanning is gewoonlik nie genoeg nie. Die meeste mense belê met ’n algemene idee om welvaart op te bou, veral vir aftrede. Die probleem is dat te veel mense sonder ’n plan belê. Ja, aanhou loop in ’n rigting gaan jou weliswaar êrens in die lewe bring, maar nie noodwendig waar jy wou wees nie. Om welvaart te bou en te behou, verg meer as net ’n belegging. Met die verloop van tyd moet jy beplan hoe om risiko’s te bestuur en belasting uit te stel of te verminder. ’n Goeie finansiële plan wat spesifiek vir jou behoeftes deur ’n professionele finansiële beplanner opgestel is, neem alles in ag om jou beleggingsbenadering te definieer. Die lewe is vol kinkels, en jou behoeftes kan verander. Juis daarom is dit belangrik om jou plan gereeld te hersien.
Hierdie ses stappe is belangrik om die bestuur van jou finansies nou te verbeter:1. Hersien jou uitgawes en stel ’n begroting op.2. Verminder onnodige rekeninge en uitgawes waar moontlik.3. Moenie onnodige fooie betaal nie.4. Struktureer ’n plan om skuld af te betaal.5. Skep ’n beleggingsplan.6. Hersien jou korttermyn-versekeringsbehoeftes en -premies.
Oktober, die nasionale finansiële beplanningsmaand, is die ideale tyd om vir jou finansiële toekoms te beplan.
Hoewel die einde van die jaar al in sig is, is dit nou die regte tyd om na te dink oor wat jy in 2021 gedoen het en wat jy in 2022 kan doen.
Dalk wil jy iets nuuts doen, of sommige goed net anders doen. Jou finansiële toekoms is in jou hande – wees dus proaktief en beplan saam met ons, jou professionele finansiële adviseurs by PSG Wealth in Langebaan.. Jy kan Emile J. van Rensburg gerus by selnommer 072 634 2559 of per e-pos kontak.





