Kinders ontvang hul geskenk pakkies. Foto:


Ray van Rooy, burgemeester van die Bergrivier-munisipaliteit, het die 22ste jaar van sy Kersfees-inisiatief vir minderbevoorregte kinders gevier.

Altesaam 1 200 kinders is elkeen met ’n geskenk en ’n lekkergoedpakkie bederf. Weens die pandemie moes Van Rooy weereens die inisiatief aanpas om die geleentheid moontlik te maak. Hy het omtrent 300 kinders van die sopkombuis in die omgewing genader en hul geskenkpakkies by die Tollie-Adams-krieketveld uitgedeel. Om die getal vol te maak, is die res van die geskenke en lekkergoedpakkies aan ander kinders in die gemeenskap uitgedeel.

Die bejaardes was ook deel van die Kersfees-inisiatief en geskenkpakkies is by hul huise uitgedeel.

Van Rooy sê hy doen die inisiatief jaarliks sodat ander ook deel van die Kersfeesvieringe daardie tyd van die jaar kan voel. “Om die glimlagte op hul gesigte te sien, gee my vreugde,” vertel van Rooy.

Hy het alle borge van instansies, sakeondernemings en individue vir hul bydraes bedank.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article